Groentewijzer
> pompoen
> recept
Zuid-Afrikaanse 'pampoenkoekies' (deur
Sonja Jordt)
- 650 g pampoen, afgeskil, in blokkies gesny
- 125 ml koekmeelblom
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml fyn kaneel
- knippie sout
- 2 eiers, geklits
- gerasperde skil van 2 lemoene
- olie vir vlakvetbraai
- kaneelsuiker en suurlemoenwiggies vir garnering
- Plaas pampoen in 'n kastrol met bietjie water en kook oor matige hitte
tot sag en gaar.
- Dreineer en skep pampoen uit in 'n sif door die kastrol om te dreineer.
Indien pampoen waterig is, kan dit in 'n kastrol verhit word oor matige
hitte sodat die oortollige vloeistof kan verdamp.
- Laat afkoel. Jy het 500 ml gaar, fyngedrukte pampoen nodig.
- Vryf pampoen met 'n houtlepel deur 'n growwe sif.
- Sif koekmeelblom, bakpoeier, kaneel en sout saam.
- Klits eiers en gerasperde lemoenskil saam.
- Voeg pampoen en geklitste eiers by gesifte bestanddele.
- Meng deur. Dit sal 'n taamlike slap beslag wees, maar dit moenie te
loperig wees nie.
- Verhit olie in 'n braaipan.
- Skep lepels vol van beslag in verhitte olie en braai tot goudbruin
alkante.
- Dreineer op absorbeerpapier.
- Sprinkel kaneelsuiker oor die bodem van 'n opdienbord.
- Rangskik pampoenkoekies op bord en sprinkel weer kaneelsuiker oor.
- Garneer met suurlemoenskyfies en sit voor.
|